Presteer en floreer in Afrikaans met ons verskeie hulpmiddels

Omdat Afrikaans as ‘n akademiese taal verskil van die spreektaal, ondervind baie kinders probleme in hul huistaal op skoolvlak. Dikwels word daar van kinders verwag om eksamen te skryf oor werk wat soms nie eers behoorlik in die klas behandel is nie omdat die kinders veronderstel is om dit te “weet”. Hulpbronne wat in die klas gebruik word, gee dikwels enkele voorbeelde en die res van die voorbeelde word ‘n verrassing vir die toets. Hierdie handboek kan in hierdie behoefte voorsien. Reëls om die taal te verstaan word sover moontlik gegee om begrip te vergemaklik.

Behalwe die Leer Afrikaans vir gr. 4-12 Huistaal gebruikers, is daar ook ’n Leer Afrikaans vir gr. 4-12 Tweede Taalgebruikers en dan ook nog die Hersiene Uitgawe van die Leer Afrikaans vir gr. 3 Huistaal gebruikers.

Vir onderwysers wat die vak aanbied is daar volledige pakkette nl. Afrikaans sonder tref-en-trap vanaf gr. 3 tot gr. 7 beskikbaar.

Vir ouers is daar ’n deeglike hulpprogram vir Afrikaans Huistaal vanaf gr. 3 tot 7 vir die kind wat vasbrand asook die kind wat sy/haar punte wil verbeter. Die geheim van enige skoolvak is herhaling en inoefening.

Die boeke behandel die volgende onderwerpe in diepte:

Taalkunde
Fonetiek (klankleer)
Taalvariëteite
Uitbreiding van Afrikaans
Morfologie (woordleer)
Woordsoorte
Semantiek (betekenisleer)
Poësie
Prosa
Idiomatiese taal- en woordgebruik
Sintaksis en sinsbou
Woordeskatuitbreiding
Aanbevelings
Volledige riglyne vir transaksionele skrywe
Wenke

Die kurrikulum sowaar in ’n neutedop!

Die boek gaan ‘n moet wees in elke skoolkind se tas, veral omdat onderrigtyd vir taalwerk drasties verminder is, met die implementering van CAPS.

Ruim afslag word gegee vir bestellings van tien of meer!

Kliek hier vir CAPS sonder tref-en-trap (skole)

Kliek hier vir CAPS sonder tref-en-trap (tuisonderig)

Vir ouers – addisionele oefeninge vir kinders,
gr. 3 – 7

Bly ingelig! Vir akkurate opdatering vir die COVID-19 Pandemie, visit: www.sacoronavirus.co.za