Afrikaans CAPS sonder tref-en-trap

Die alles-in-een kurrikulum gebaseerde pakket vir Huistaal Afrikaans vir gr. 4 to gr. 7 onderwysers: gebruikersvriendelik, kindgerig en deursigtig

Wat bied Afrikaans sonder tref-en-trap?

Met die eise wat aan onderwysers gestel word, is daar nie tyd om regtig ‘n program uit te werk van wat jy wil aanbied nie. Veral in Afrikaans, kan mens maklik hard werk sonder om veel uit te rig of sukses te behaal. Die geheim van suksesvolle Afrikaanse onderrig is beplanning, sistematiese afhandeling en inoefening van alle inhoud en deursigtige assessering. Hierdie pakkette bied dit op ‘n skinkbord aan vir die onderwyser. Dit sluit die volgende in:

Die onderwyser kry in die hand:

  1. ’n Klasboek met die leerders se werk
  2. ’n Leerderboek waaruit die leerders kan voorberei
  3. ’n Onderwyserhandleiding wat memorandums en wenke bevat
  4. Die jaar se assessering volgens die ATP

Voordele van die pakket:

  1. Nuwe onderwysers of onderwysers wat nuut is in die vak, het alles in die hand om effektief en progressief klas te gee
  2. Personeelwisseling is nie ’n probleem nie, want die pakket is volgens kwartale uitgewerk – ’n nuwe personeellid kan net aangaan
  3. Informele assessering lei tot goed voorbereide onderrig om leerders toe te rus vir formele assessering
  4. Die ouer is toegerus om die leerder by te staan met ’n deeglike werkafbakening uit die leerderboek
  5. Formate van transaksionele skryfwerk is uiteengesit in die leerderboek – die leerder kan met voorbereiding die wenke en stappe volg

Watter voordeel bied hierdie pakkette bo ander boeke of pakkette?

  • ‘n Skool hoef nie leesreekse aan te koop nie – leesstukke wat op die vlak van die kind is en by sy leefwêreld aanklank vind, is ingewerk
  • Pakkette is onmiddellik beskikbaar deur middel van ’n elektroniese skakel wat aan die onderwyser/es gestuur word.
  • Omdat die werk vir die hele jaar klaar uitgewerk is, kan die pas volgehou word wanneer personeel wissel of aflospersoneel moet oorvat by die Afrikaanse onderwyser
  • Die assessering is deursigtig – die kind (ons primêre verantwoordelikheid) en die ouer, weet presies op watter vlak sy kind is, voordat rapporte uitgegee word
  • Die pakkette is koste-effektief en gebruikersvriendelik

‘n Skool hoef dus nie ten duurste handboeke aan te koop nie, aangesien al die lesse volledig uitgewerk is volgens die CAPS vereistes